Gees en Waarheid Gemeente

Gees en Waarheid Gemeente

Paul en Marilise du Preez, oorspronklik van Roodepoort in die Weste van Johannesburg, saam met hulle dogter Ilze, het besluit om tydens die Covid lock down hulleself in Philipstown Rietfontein te kom vestig.

Dit was veronderstel om n tydelike avontuur te wees, maar die Here het ander planne gehad. Paul het besluit om te begin met huisgodsdiens weens al die kerke wat moes sluit. Mense in die gemeenskap het daarvan tehore gekom en wou ook graag deel raak van die huisgodsdiens, en dit was die begin van ons gemeente in Philipstown.

Paul het lank op die Here gewag vir ‘n naam vir die nuut gestigte kerk. Iets wat goed sal klink in Afrikaans , maar ook op ‘n geestelike wyse sou uitstaan.

Daar is toe besluit op “Gees en Waarheid”

Joh 4:23,  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in Gees en Waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in Gees en Waarheid aanbid.

Die Here het ook Paul en Marilise se aandag gevestig op ‘n behoefte in Richmond, en daar is ook ‘n gemeente gestig.

Ons is in wese ‘n Afrikaanse Pinkster kerk. Ons visie is om die Mense van die Karoo te bereik met die Evangelie (Goeie Nuus) van Jesus. Ons harts begeerte is ook dat mense geestelik moet groei en gelei word deur die Heilige Gees.

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet en jou te verwelkom by die Gees en Waarheid Gemeente in Philipstown of Richmond…..

Need Help?