Gees en Waarheid Gemeente
Johannes 4:23-24;
1Korinthiers 2:4-5
Die Geïnspireerde Skrif
Ons glo die Bybel is die geïnspireerde Skrif van God, in die openbaring van God aan die mens, die onfeilbare staf van geloof en gedrag geïnspireerd deur God.
2 Timoteus 3: 15-17
2 Timoteus 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.
- Die Drie-Enige God
- Ons glo aan die Alleenwyse God wat Homself as die Ewige-selfbestaande, self-openbarende EK IS openbaar en verder as die verpersoonliking van die beginsels van verwantskap en deelgenootskap, dit as Vader, Seun en Heilige Gees.
Deuternomium 6:4; Markus 12:29; Jesaja 43:10-11; Matteus 28:19
- Ons glo in Jesus Christus as die Enig-gebore Seun van God, gebore uit die Maagd Maria van die Vader voor alle eeue en in die Heilige Gees, wat die Here is en lewend gemaak het, wat van die Vader en Seun uitgaan en verheerlik word, wat gespreek het deur die Profete en vandag nog spreek.
Hebreërs 3:7
- Die Nagmaal
Die Heilige Nagmaal is ingestel deur Jesus Christus om te onderhou die wat alreeds deur wedergeboorte Jesus as Saligmaker aangeneem het.
Matteus 26:29; Johannes 6:48; Lukas 22:19-20; 1 Korintiërs 11: 23-26
- Wedergeboorte
Ons glo dat almal wat:
- hulle sondes bely wedergebore is
Johannes 3:3;
- en laat staan
Spreuke 28:13; Handelinge 2:21
Romeine 10: 9-10
- Die Doop
Ons glo dat die Doop ‘n geloofsbelydenis en onderdompeling is deur ‘n eenmalige onderdompeling. Die doop as ‘n belydenis van identifikasie met Christus in begrafnis en opstanding.
Geloofsbelydenis: Matteus 28:19
Onderdompeling en idetifikasie: Romeine 6:4; Handelinge 8:34-39
- Doping van die Heilige Gees
Alle gelowiges is geregtig op die belofte van die Vader, naamlik die doping met die Heilige Gees en die teken van die doping met die Heilige Gees is die spreek van Tale soos die Heilige Gees dit uitdeel.
Handelinge 2:1-4; Handelinge 2:28; Handelinge 10:44; Handelinge 11:14-16; Handelinge 15:7-8
- Lofprysing en Aanbidding
Ons glo dit is die fondasie om ‘n verhouding met God te bou deur Lofprysing en Aanbidding.
1 Kronieke 16:34; Psalm 66:4; Jeremia 20:13
- Dood, Opstanding en Hemelvaart
Ons glo dat Jesus:
- Die Seun van God is. Johannes 1:1; Johannes 1:14
- Gekruisig is. Johannes 19:18
- Gesterf het. Johannes 19:30
- Opgestaan het. Johannes 20:9
- Opgevaar het na die hemel. Handelinge 1:9
- Waar Jesus nou aan die Regterkant van God die Vader sit as Hoë Priester en Advokaat.
Lukas 24;50-53; Romeine 8:34
- Offergawes
Dat dit die plig is van die kinders van die Here om God se werk te ondersteun en sodoende vir hulle skatte in die Hemel bymekaar te maak. Gee is ook deel van ons geestelike offers.
Philippense 4:18; 2 Korinthiërs 9:6-8; Mattheus 6:19-21; 1 Korinthiërs 9:13-14
Vyfoudige bediening
Efesiërs 4:11-12
11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12om die heiliges toe te rus vir hulle diens werk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
Satan of die duiwel
Ons glo in die persoonlikheid van die duiwel, wat oorspronklik ‘n geskape hemelsewese was, wat gesag uitgeoefen het in die teenwoordigheid van God, en wat as gevolg van sy eie oortreding uitgewerp is.
Esegiël 28:11-19
- Hy het later deur sy invloed en krag die val van die mense bewerkstellig en poog nou om die geloof van elke gelowige in Jesus Christus te vernietig.
Genesis 3:1-5; Matteus 4:1-11; Lukas 4:1-13; Jakobus 4:7; 1 Petrus 5:8;
Johannes 8:44; Johannes 13:2
- Daarvolgens het gevalle engele sy val gedeel en is uitgewerp tot die hel.
2 Petrus 2:4
- Onder sy beheer is bosegeeste wat poog om die mens te kwel met krankhede van die liggaam, siel en verstand, om te verdruk, vervolg en lasting te val en om ingang te vind tot die liggaam van die mens. Maar, wedergebore kinders van God het autoriteit oor die vyand in die Naam van die Here Jesus Christus.
Matteus 25:41; Lukas 4:33; Lukas 9:42; Handelinge 10:38
- Die Sonde val van die mens en sy verlore toestand
Ons glo dat die sonde enige gebrek aan gelykvormigheid is deur die morele vry Persoon, aan die natuur en wil van God. Adam en Eva het geestelike dood tot die mens gebring en almal het gesondig, en ontbreek aan die heerlikheid van God. Ons glo ook dat geloof in God en berou van sonde, déur God, vir almal beveel is tot vergifnis van hulle sonde.
Genesis 3:1-5; Romeine 3:23; Romeine 6:23; 1 Korintiërs15:22; Galasiërs 3:22
- Versoening en Verlossing
Versoening is die terugbring van die mens tot God deur die verslossings werk van Jesus Christus op Golgota.
2 Korintiërs 5:18-19; Efesiërs 2:16; Kolossense 1:21; 1 Johannes 1:3; Romeine 5:11
- Regverdigmaking
Die sondaar ontvang vergifnis vir al sy sondes deur berou en geloof in Jesus Christus. Die geregtigheid van God word die mens toegereken en daar deur verkry die mens die vrede van God.
Romeine 5:1; Romeine 5:9; Romeine 8:30; Galasiërs 3:24
- Heiligmaking
Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waar sonder niemand die Here sal sien nie.
1 Thessalonicense 4:7; 1 Petrus 1:15; 2 Korintiërs 7:1
- Gawes van die Heilige Gees
1 Korintiërs 12: 7-11 verduidelik die 9 gawes van van die Gees. Elke gelowige moet strewe na die Gawes tot die uitbreiding van die Koningkryk van God.
- Vrug van die Gees
Galasiërs 5:22
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Al die Vrugte van die Gees bou die karakter van die mens na die beeld van Christus.
- Goddelike Genesing
Ons glo in Goddelike Genesing, in die liggaam en gesondheid van die mens deur die verlossings werk van Jesus aan die kruis.
Eksodus 15:26; Jesaja 53:5; 1 Petrus 2:24
Dit geskied deur die oplegging van hande in die bediening van die evangelie.
Markus 16:18; Jakobus 5:14
Asook deur die bediening van die gawes van genesing.
Handelinge 28:8-9; 1 Korintiërs 12:9
- Die Wegraping
Ons glo aan die einde van die Kerk-era of dispensasie van die Kerk van Jesus Chirstus, wat van hierdie aarde weggeraap gaan word én dat ons vir ewig by ons Heiland, Jesus Christus, sál wees.
1 Thessalonicense 4:17-18
- Die Groot Verdrukking
Ons glo dat die eindtyd van hierdie bedeling ‘n tydperk van ongeëwenaarde en groot verdrukking op die aarde sal beleef.
Matteus 24:21-31
Tesame met Sy heiliges, onmiddellik na die verdrukking van die aarde sal terugkeer.
Matteus 24:29-30
- 1000-jarige Vrederyk
Ons glo in die wederkoms van die Here, tesame met Sy heiliges, om die volke te oordeel en vir ‘n 1000 jaar die aarde in geregtigheid te regeer. Dit is wat die ware Kerk as ‘n verwagting het.
Psalm 72:8-11; Psalm 96: 10-13; Jesaja 11; Daniel 7:22; Miga 4:1-7; Sagaria 14:1-9; Judas 14 , 15; Jesaja 24:23; Openbaring 19:11; Openbaring 20:6
- Die Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde
Ons glo in ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde waarin geregtigheid woon en waarvoor God met Sy volk vir ewig sal regeer.
2 Petrus 3:13; Openbaring 21:1; Openbaring 22:5
- Straf van die Goddelose
Ons glo in die EWIGE straf van die goddelose in die sin van ewige pyniging.
Matteus 13:49-50; Matteus 25:46; Lukas 16: 23-24; Romeine 6:23; 2 Tessalonisense 1:8-9; Openbaring 14:11; Openbaring 20: 6-15; Openbaring 21:8